Skip to main content
Year
en ek ruk aan my maag se binneste
elke denk aan jou 'n aaklige bot
soos gras (vertoefend) in die krake

jy't kom skuil in my blaas
en elke nag dan pis ek op my voete
wat dan van my? wat dan van my?

soos 'n kiem verswanger jy my rugmurg
sodat my maagspiere stom kan kartel
en onduleer van rib na rib na hart

soos een afskuwelike droom
saal jy die buitelug met sade
wat sal val en groei in al die krake

is dit jy wat in die leemte skroom?
wat dan van my? wat dan van my?
Rating
No votes yet
Reviews
No reviews yet.